Woord Vir Woord

Woord Vir Woord : 'n Lewensreis

3 (1 rating by Goodreads)
By (author) 

Currently unavailable

We can notify you when this item is back in stock

Add to wishlist

AbeBooks may have this title (opens in new window).

Try AbeBooks

Description

Daar is min gesigte op Suid-Afrikaanse televisie so wyd herken en geliefd soos die van Johan Stemmet, en min kenwysies so sinoniem met naweekaand-vermaak as die vrolike Noot vir Noot-klingel. Dat Johan Stemmet al vir meer as dertig jaar ononderbroke by televisie betrokke is, voor en agter die skerms, mag dalk sommige verras (hy lyk dan nie 'n dag ouer as dertig nie?) - maar nog interessanter is die doodgewone aardsheid en opregte menswees wat die toonaard bepaal vir die gebore Weskusklong se lewenslied. Woord vir Woord is 'n reis deur Johan se lewe: 'n kleurvolle concerto met 'n goeie sarsie dawerende akkoorde (geweet dat Johan as student vir Paul Getty II partytjiemusiek verskaf het? Of die een was wat gesorg het vir Tolla van der Merwe se eerste televisieverskyning?) en onverwagse vingerlopies (hy't Afrikaans gegee by Rondebosch Boys High - en dink self sy onderbaadjies op televisie lyk verspot!). Of jy nou 'n getroue aanhanger is, of eerder grappenderwys dink 'Kyk hoe kyk hy vir my!' - Woord vir Woord is meer as bloot die vertel van 'n fassinerende lewe.
Dis ook die verhaal van die ontvouing van die Suid-Afrikaanse televisiebedryf en 'n sout-van-die-aarde-storie wat nie anders kan as om wyd te resoneer en te boei nie!
show more

Product details

  • Electronic book text
  • The Penguin Group (SA) (Pty) Ltd
  • Parklands, South Africa
  • Afrikaans
  • 0143529013
  • 9780143529019

About Johan Stemmet

Johan Stemmet is op Springbok in Namakwaland gebore. Hy word op Kleinzee, 'n diamantdorpie, op die Weskus groot en neem klavierlesse reeds van kleins af. Na skool is Johan na die universiteit van Stellenbosch waar hy hom as onderwyser bekwaam het. In Julie 1980 roep hy die onderwys vaarwel toe en begin sy televisie loopbaan. Vanaf 1989 stig hy en sy jarelange vriend en kollega, Johan van Rensburg, Stemmburg Televisie en tussen die twee van hulle en hulle mede regisseur, Elsa Colling, word Noot vir Noot gebore. Johan het oor die jare verskeie toekennings vir sy bydrae tot Afrikaanse musiek van kulturele organisasies en dorpe landswyd ontvang.
show more

Rating details

1 ratings
3 out of 5 stars
5 0% (0)
4 0% (0)
3 100% (1)
2 0% (0)
1 0% (0)
Book ratings by Goodreads
Goodreads is the world's largest site for readers with over 50 million reviews. We're featuring millions of their reader ratings on our book pages to help you find your new favourite book. Close X