Sorg

Sorg

4.1 (10 ratings by Goodreads)
By (author) 

Currently unavailable

We can notify you when this item is back in stock

Add to wishlist

AbeBooks may have this title (opens in new window).

Try AbeBooks

Description

Sorg is 'n historiese roman, geskryf in die genre van magiese realisme. Die verhaal begin by die Skepping, toe die Khoi en San die koddige volstruis uitlag. Die Khoi skets die mitiese Groot Volstruis teen die muur van 'n grot in die Swartberge en die Groot Volstruis sweer wraak teen die mensdom wat hom gespot het. Die Groot Volstruis blaas sy giftige asem oor die Oudtshoorn-distrik van die negentiende eeu en dit tref veral vir Hendrik van der Westhuizen, volstruisveerbaron op sy plaas Sorgniet. Hendrik is getroud met die vooraanstaande Isabella Fourie, maar hy is verknog aan die bediende Eva Damon. Hendrik klou vas aan die patriargale gebruik dat 'n man vir sy vrou moet sorg, en Eva glo aan die Khoi en San se geloof dat Afrika self vir haar kinders sorg. Die Groot Volstruis gebruik die wind om oorlogswinde aan te waai en die volstruisveerbedryf word met 'n magtige vlerkslag vernietig, maar die Khoi- en Sangeeste dans steeds in die maag van die Kangogrotte.
Hendrik se nasate by Isabella en Eva oorleef die Boere-oorlog, die Wereldoorloe en Distrik Ses, en die leser volg hulle voetspore tot by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees, waar die nasate weer met mekaar en met die onthutste spoke van die Volstruisveerera kennis maak. Teen die agtergrond van ongekende rykdom van die Volstruisveerera ontvou 'n sage van liefde, verraad, gierigheid, haat en vergifnis wat die karakters selfs na hulle dood nog vasvang, in hierdie debuutroman deur dr. Micki Pistorius, forensiese profielsamesteller en skrywer van die opspraakwekkende Skimme in die skadu: Reeksmoorde - 'n Profielsamesteller se ware verhaal.
show more

Product details

  • Electronic book text | 199 pages
  • The Penguin Group (SA) (Pty) Ltd
  • Parklands, South Africa
  • Afrikaans
  • 0143527150
  • 9780143527152

About Micki Pistorius

Micki Pistorius het 'n doktorsgraad in sielkunde en het vir ses jaar as forensiese profielsamesteller vir die Suid-Afrikaanse Polisiediens gewerk. Haar ander boeke, Profiling Serial Killers, Strangers on the Street, Catch me a Killer en Fatal Females is ook deur Penguin uitgegee. Sorg is haar eerste roman.
show more

Rating details

10 ratings
4.1 out of 5 stars
5 30% (3)
4 50% (5)
3 20% (2)
2 0% (0)
1 0% (0)
Book ratings by Goodreads
Goodreads is the world's largest site for readers with over 50 million reviews. We're featuring millions of their reader ratings on our book pages to help you find your new favourite book. Close X