Kraleprojekte

Kraleprojekte : Meer as 50 Oorspronklike Ontwerpe Vir Juwele En Bykomstighede

  • Paperback

Currently unavailable

We can notify you when this item is back in stock

Add to wishlist

AbeBooks may have this title (opens in new window).

Try AbeBooks

Description

Die gewildheid van kralewerk neem steeds toe, en daarmee saam die hoeveelheid inligting beskikbaar, wat tegelyk intimiderend en verwarrend kan wees. Hierdie titel bespreek kortliks die belangrikste basiese agtergrond, gereedskap en produkte, gee jou 'n vinnige oorsig van die vernaamste tegnieke en val dan weg met eenvoudige ontwerpe en weldra meer gesofistikeerde items. Die projekte wissel van maklik tot taamlik ingewikkeld, elk volledig uiteengesit met stap-vir-stap aanwysings en illustrasies, met 'n lieflike volbladfoto van elke voltooide stuk om jou te inspireer. Die skrywer deel ruimskoots haar aansienlike ervaring in ontwerp en vervaardiging in die vorm van wenke, raad oor kortpaaie en ontwerpvoorstelle wat sal verseker dat jy met elke projek sukses smaak. Die fokus is op draad-, koord- en kettingwerk wat beteken dat jy vinnig resultate sien - binne ure, liewer as dae. Die krale wat gebruik word wissel van bonkige, helderkleurige glas- en akrielkrale tot gesofistikeerde perel- en-kristalkombinasies. Die skrywer het 'n voorliefde vir sierstene en verskeie pragitems met treffende siersteenkombinasies is ingesluit. Of jy 'n groentjie is of 'n ervare krale-entoesias, kralewerk jou stokperdjie, tydverdryf of nering is, Kathleen Barry se Krale-Projekte sal jou ongetwyfeld inspireer en bekoor.show more

Product details

  • Paperback | 160 pages
  • 193 x 260mm | 575g
  • Metz Press
  • Bellville, South Africa
  • 1919992693
  • 9781919992693