Die Nancy Gardiner Tuinboek

Die Nancy Gardiner Tuinboek

  • Hardback

Currently unavailable

We can notify you when this item is back in stock

Add to wishlist

AbeBooks may have this title (opens in new window).

Try AbeBooks

Description

Nancy Gardiner werk reeds byna 40 jaar as tuinskrywer en -fotograaf en het oor hierdie tydperk nie net waardevolle kennis en ervaring nie, maar ook 'n versameling foto's opgebou wat moeilik geewenaar sal word. Hierdie titel put diep uit daardie skatkis en spreek bowenal van haar liefde vir die natuur en tuinmaak. Die titel skop af met beplanning en ontwerp, en spog met nege oorspronklike tuinplanne spesiaal vir die titel ontwerp: Moderne tuin; romantiese tuin; gesinstuin; tuin vir ouer mense; binnehoftuin; tuin teen 'n steilte; tuin langs die water; klein voorstedelike tuin' inheemse tuin. Al die planne kan volledig gebruik word, of gedeeltes kan benut word om spesifieke uitdagings in individuele tuine aan te spreek. Elke plan is volledig met 'n uitlegbeskrywing en gedetailleerde plantlys. Dan volg 'n visuele feestoer saam met die skrywer deur ander mense se tuine regte tuine wat deur regte mense gemaak is. Laat idees wat jy uit die reis kry jou inspireer om jou eie droomtuin te skep, maklik gemaak deur die plantlys met praktiese inligting en beskrywings van meer as 500 van die gewildste tuinplante.show more

Product details

  • Hardback | 224 pages
  • Metz Press
  • Bellville, South Africa
  • 1919992308
  • 9781919992303