Die breinchirurg se dieet

Die breinchirurg se dieet

By (author) 

Currently unavailable

We can notify you when this item is back in stock

Add to wishlist

AbeBooks may have this title (opens in new window).

Try AbeBooks

Description

In 'n mark wat oorspoel is met kitsoplossings vir gewigsverlies en idees vir 'n gesonde leefstyl, bring Dr. Adriaan Liebenberg, internasionaal gerekende breinchrirurg, 'n maklike, veilige en gesonde alternatief: span jou brein in en skud daardie ekstra ponde permanent af. Nadat hy sy lewe lank vet - en ongelukkig - was, het Dr. Liebenberg sy professionele kennis gebruik om uit te werk watter kossoorte sy breinchemie so sou aanpas dat dit sy metabolisme sal versnel en sy houding teenoor kos verander. Dit het gewerk. Hy het 70 kg verloor en handhaaf sy nuwe gewig al vir byna drie jaar lank. Die breinchirurg se dieet vertel Dr. Liebenberg se inspirerende verhaal in eenvoudige, reguit taal. Die gids wys hoe ons ons breinkrag kan gebruik om ons eetgewoontes aan te pas op 'n natuurlike manier. Dit bemagtig mens met kennis oor kossoorte wat jou maer en gesond hou, en sit stap-vir-stap uiteen hoe jy beheer oor jou welstand kan neem sonder om staat te maak op modediete of eetlusdempers. Die sakpasboekie verskaf volledige inligting oor die energiewaardes van kossoorte en bevat heerlike maaltydplanne wat help met gewigsverlies sonder lyding en skuldgevoelens.
Toe die skrywer die boek eers self gepubliseer het op die internet en in 'n beperkte plaaslike omgewing, was dit in groot aanvraag.
show more

Product details

  • Paperback | 144 pages
  • 129 x 198mm | 135g
  • Penguin Books (SA) (Pty) Ltd
  • The Penguin Group (SA) (Pty) Ltd
  • Parklands, South Africa
  • Afrikaans
  • 014353887X
  • 9780143538875

About Adriaan Liebenberg

Dr. Adriaan Liebenberg woon in Franschhoek en praktiseer in die Paarl. Hy het gestudeer aan die Universiteit van Stellenbosch en Hurstwoord Park in Sussex, Engeland. As outeur van 'n standaardwerk oor breinchirurgie geniet hy internasionale erkenning. Die breinchirurg se dieet het ontstaan toe hy sy kennis van die brein ingespan het om hom te help verslank. Dit het gewerk en hy het 70 kg afgeskud. Hy is getroud en het kinders.
show more